Hey-O Stories van die Bybel Nuwe Testament
Details
Hey-O Stories van die Bybel Nuwe Testament
’n Pragtige Bybel-storieboek vir 5- tot 8-jariges wat 37 klassieke verhale uit die Nuwe Testament op ’n onvergeetlike manier oorvertel – met interaktiewe aanlyn video’s wat kinders se aandag beslis sal vasvang!
’n QR-kode ontsluit aanlyn video’s wat by die storie pas. Die boek en video’s is ontwerp om boeiend en interaktief te wees, en sal leer prettig en opwindend maak vir kinders terwyl hulle elke storie in die boek en die ooreenstemmende geanimeerde video’s geniet.
Elke storie fokus op belangrike waardes en karaktereienskappe soos goedhartigheid, vergifnis en moed. Deur hierdie stories sal kinders belangrike lewenslesse leer wat hulle vir jare sal bybly.
- 37 stories uit die Nuwe Testament, soos Jesus se geboorte, Johannes die Doper, die Ons Vader-gebed, Jesus gee meer as 5 000 mense kos, Saggeus, en Saulus word ’n gelowige.
- ’n QR-kode ontsluit aanlyn video’s wat pas by die storie.
- 188 volkleur-bladsye.
Shipping + Returns
We strive to process and ship all orders in a timely manner, working diligently to ensure that your items are on their way to you as soon as possible.